Monday, June 23, 2008

Martin Luther King: "Ons lewens begin eindig die dag as ons stil word oor dinge wat saak maak".

Breyten Breytenbach: "Niemand buiten Afrikane self sal of kan selfs Afrika red en regruk nie. Dit is imperatief noodsaaklik dat ons onsself sal wil help, sal ophou wegkruip agter die verskonings van 'gebruik' en 'kultuur', 'n gedeelde sin van die gemeenskaplike bates en verantwoordelikhede ontwikkel, om nie langer slegs te leef vir vandag se buit of die skrapse middele tot oorlewing nie."

"of ons gaan bly rondrol in ons armoede, in ons selfbejammerende houding van slagoffers van die geskiedenis wees, hang volledig van onsself af. Afrika is nie arm nie. En selfs al mag die korrumpeerders (die vrotmakers) dit vanaf Londen en Parys en Washington doen, is die medepligtiges en dikwels die bevoordeeldes DIEGENE IN AFRIKA WAT HULSELF VETVREET AAN DIE ELLENDE VAN DIE ARMES."

"... talle van die afgryse kan gelĂȘ word voor die deur van vampieragtige leiers, die roofdiere wat hulle bevolkings verskraal het tot bankrotskap en ruĂ­nering en hongersnood - Idi Amin, Bokassa, Mobuto, Eyadema, Charles Taylor, Arap Moi, Robert Mugabe, Dos Santos..."

No comments: