Friday, May 29, 2009

ligmis

het jou vanaand skrams ontkom toe ek agter 'n vet vrou induik maar jy't sleepvoet geside-step en my met skrefies-oë probeer down-stare. ek wonder of jy weet hoe silly jy lyk.
sultry werk net op die silwerdoek (of tussen dekens).
ek het lig gegroet, voet in die hoek verskonend wyn gaan soek.
maar jy knaag nog aan my.
nie dat ons ooit werklik iets gehad het nie, dis nie wat my kou nie.
ek wonder net of niemand vir jou gaan sê dat jy dood is nie.

No comments: