Sunday, December 20, 2009

Van al my liggeel dae - Wilma Stockenström

Van al my liggeel dae
teken ek hierdie een op;
dat ek later kan weet hoe swerms
duiwe van die dakke waai,
en dat ek, as ek wil,
later kan lees van 'n liggeel
dag en van jou hier langes my.




Ek het hierdie gelees in 'n keur, Die stomme aarde (H&R, 2007), maar dit is oorspronklik uit Vir die bysiende leser (Reijger, 1970). Het dit al baie gelees, maar iets breek nou eers oop. Hoe is dit dat sommige dae, alhoewel vlietend beleef, jou vir 'n leeftyd sal bybly? Die ligste dae weeg soms die swaarste.

No comments: