Sunday, December 17, 2006

en nou? wat nou?

ek weet nie regtig wat om met myself aan te vang nie, noudat die graad afgehandel is.
ek voel vreeslik "institutionalised". Probeer weer my subjektiwiteit terugkry.

het gistraand tot lank na die voeltjies begin tjitter het gelê en lees, net betyds opgestaan om `n bad te vat voor werk wat eers drie uur begin het. Die boekwinkel was besiggerig, maar later die aand nie te erg nie- soveel so dat ek my boek kon klaarmaak en betaal word daarvoor! wat `n heerlike betrekking! Die boek: "A spot of bother", deur Mark Haddon- selfde ou wat "Curious incident of the dog in the nighttime" geskryf het. Ek het dit regtig nogal geniet. Hy`t `n baie droë sin vir humor. heerlik.

Maar ek begin nou besef dat ek op `n punt staan waar ek dinge wil begin "besluit", dalk "afsluit". Wat doen ek met die res van my lewe? of dan ten minste in verteerbare brokkies: met die volgende ruk tot my beskikking? Ek sal die navorsingsvoorstel moet begin afhandel as ek besluit om wel te skiet vir meesters. daars die moontlikheid om deeltyds in die gallery te werk volgende jaar terwyl ek net aanhou werk vir uitstallings (al drie uitstallings in onderhandelling!), maar daar is ook `n knaende vraag na iets minder vasgestel... reis vir `n ruk? Ek gaan januarie niks werk nie- heeltemal afvat en Oman toe om vir pa te gaan kuier. Dalk kan ek deur die woestyn meer spasie in my kop oopwinkel en bietjie helderder dink.

Ek voel ek gaan tot dan lafaard wees en net bietjie terugsit. Maters genooi om môre die son te kom groet op my dak met skemerkelkies- behoort lekker te wees. Dalk moet ek vir `n slag net weer leef...

No comments: