Thursday, May 31, 2007

die hand is bloot
`n flikkering van geheue

as die tekenklou probeer
om die eie skadu
na te trek

die potloodpunt begin
na willekeur flinker kerf
die kop wil flitse afkleim
lig opteken
lyne inloop

lig teken om lyn te lood?

die hand is bloot
`n flikkering van geheue


©

2 comments:

Anonymous said...

baie goeie poem- geen oorbodige woorde & ek hou vd philosoph ondertoon :)

stroibessi said...

dankie!