dit het begin met Wilma Stockenström vir ontbyt - kwesbaar is die askese van trots...
het my kwesbaar gemaak. ontvanklik karnuffel saam met my ou pêl swotstress. teen middagete was ek wankelrig omdat ek my meisiekar aan `n man moes toevertrou, en nou gestrand is terwyl hy in haar pype rondgrou. en toe kom die laaste houslae. ek begin volstoom met die navorsing. en hoe verder ek gaan, hoe erger raak dit. mahatma se lewensfilosofie, en die manier hoe hy vermoor is. kan jy jou indink om `n man met soveel deernis uit te wis? `n paar gedigte hier en daar aan die lees geraak en teen seisoen in die paradys aand se kant huilhortend die boeke opsygestoot en gewens ek het dit nooit onder oë gehoor nie. verslae oor die monstermens se wrede gebruik om sy fynste ragwerke te verinneweer. wens ek ek kon jammer sê aan al daai mense wat in die stilte aangehou het om dialoë te knoop met als wat magies is. dit maak seer om te weet dat sagte mense hardgevat is en steeds word. wêreldwyd en daagliks.
Thursday, February 07, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment