Thursday, August 30, 2007

ek tjank vandag vir almal.
eienaardig. niks het my getref toe ek dit hoor nie. tot vandag. ek konnie opstaan nie. lank vir die dak lê en staar. toe gebeur dit net. in oorvloed. hierdie afgelope ruk het leef die mense om my darem vreeslik erg hanteer. verlammings, rooftogte, moorde, egskeidings. dis `n stukkende wêreld. ek dink aan julle almal, en dit brand. vlok is reg. hierdie leefding is onnatuurlik.

6 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Ek wil ook nog graag Gert Vlok Nel se boek in die hande kry, al stem ek nie met hom saam daaroor nie - ek dink om te lewe, soet en suur ingesluit is natuurlik. Miskien nie die manier waarop ons deesdae lewe nie. Ek dink mens moet net baie mooi perspektief behou tussen die fantasiewêreld (bv. van digkuns) en die werklikheid, sodat jy nie soos Ingrid eindig nie - dit fasineer my nogal: Het sy voor haar eerste gedig gepubliseer is al beplan om selfmoord te pleeg?

Partykeer moet mens dalk net vir 'n paar dae ophou nuus kyk of lees, want dit is nogal erg!

Eduardo Waghorn said...

Hi there!
Sailing in the blogosphere I found your interesting blog.
I know in Southafrica now many races are living in peace, Im very happy because this.
I think we have to learn about our past errors...:)
If you want, visit my blogs, you can use my translation on mnovilwagg, the principal one.
Warm greetings from Chile!!
Keep blogging...

stroibessi said...

dankie, kop op `n blok.
dis interessant. sonder om nou te veel hare te kloof: ek dink nie dis moontlik om perspektief te hou tussen die "fantasiewêreld" en die "werklikheid" nie. Daar is na myns insiens nie so iets soos `n objektiewe werklike wat deur almal ervaar kan word as jy jouself net reg "in kan stel" daarvoor nie. Ons almal erveer die wêreld subjektief - en is dit nie maar `n vorm van fantasie nie?

Ek dink Ingrid, soos baie depressiewe mense, het dit van die begin af in haar gehad om selfmoord te pleeg. Ons almal weet dat daar `n moontlikheid is om daaraan oor te gee. Of mens beplan daarvoor, is ek nie so seker nie.

Om op te hou nuus kyk is dalk `n opsie. maar is dit nie maar op `n groter skaal dieselfde as om op te hou luister na die mense om jou en te ondersteun waar jy kan nie?

stroibessi said...

thanks, eduardo. I had a look at your blog- interesting! In certain aspects in south africa many races are living in peace now, although we still have a long way to go! Violent crime is really out of controle (although I think that has more to do with cultural than racial aspects).
I agree that we need to learn from the past. That is if we can remember the past! Placename changes are continuing to rewrite history and create a warped idea of time for our future generations.
The hard work hasn't ended, but at least we have our freedom!

My Kop Op 'n Blok! said...

Ja, jy is eintlik reg oor die subjektiwiteit. Wat die nuuskykery aanbetref, ek dink nie mens moet jou permanent daarvan afsny nie, jy moet dit 'face', maar nou en dan as jy voel dit raak bietjie erg kan jy jouself vir 'n paar dae 'n 'break' gee.
In die laaste week het ander bloggers, http://kruidjieroermynie.wordpress.com en http://sonkind.wordpress.com ook oor selfmoord geskryf, en veral wat dit aan die mense om die selfmoordenaar doen - uit hulle persoonlike ervarings. Dit is op die persoonlike vlak. Op die vlak van die welbekende kunstenaar in die gemeenskap, dink bv. wat se mooi liedjies (soos Halala Afrika) kon Johannes Kerkorrel miskien nog geskryf het. Al die mooi liedjies van Anton Goossen se latere jare sou ons gemis het as hy selfmoord gepleeg het. (Ek is nie meer seker of hy 'n selfmoordpoging gehad het nie, maar daar was een of ander insident jare gelede.)

stroibessi said...

gieg! jys reg, kop op `n blok. ek het juis sopas drie dae afgevat en net bietjie laeveld toe gegaan vir `n ruk. Presies wat ek nodig gehad het.

die selfmoord-ding: ek stem saam. Een geval waarvan ek persoonlik weet was dit juis omdat die ou geweet het hoe die mense om hom gaan reageer dat hy selfmoord gepleeg het! dis rof, maar mens dink op daardie stadium nie duidelik nie.