Monday, December 31, 2007

oor die algemeen

... nie werklik iets om te sê nie behalwe dat die lig vandag heel gods aan die stad kom klam het.
dat ek soms verdwaal in hierdie wasigheid se wonder oor die kom en gaan van die daaglikse verjaring van dinge. kan `n mens daagliks verjaar? soms ...daagliks?
of dalk wonder ek maar oor die dag se verjaring. hoe jare so vinnig kan ondergaan. of liewer opkom. en hoe ondergange gewoonlik soveel mooier as die ander tipe skemering is. beHALWE as daar mis en berge is. dan trek duinings vingers uit die mistigheid. nostalgies raak ek nou.
en iewers paai `n stem. mens raak so vinnig verstrengel in `n leefwyse

laat die wind landskappe in jou oop kom streel
(leef ry die antwoord op jou vraag bloots)

No comments: