Sunday, July 12, 2009

laat my nooit...

het vanoggend hierdie ou liedjiegebed van koos doep gehoor, gesing deur matthys roets, en dit het my innig diep geraak. ek plaas dit vir nostalgie, maar ook vir onthou.

Gebed - Koos du Plessis.

Laat my nooit die grond verlaat nie.

Laat my in U skadu bly.

Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.

Elke keer het ek verdwaal.

Elke keer het u my iewers kom haal.

Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is 'n gedagte.

Elke kamer net gehuur.

Elke aardse droom van rykdom en roem,
net 'n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.

Wat ek het, is net geleen.

Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen.

No comments: