Bietjie broos..
Vandag bietjie broos nadat ek en maats gister Johannesburg gaan fynkam het opsoek na visuele stimulering. Die Diane Victor exhibition by die Goodman was wonderlik..wens net hulle het meer van haar Rook-tekeninge opgesit. Sy sê dat sy baie meer gemaak het, maar die gallery het gevoel hulle kan nie alles opsit nie. Jislaaik, hierdie kunstenaar is fantasties! Sy was egter `n absolute stress-bol. Welgedaan, Diane! Jy hou aan om elke keer die grense te verskuif.
My gunsteling werk is The Good Doctor, `n ets van `n tengerige wetenskaplike wat jou vel laat kruip. Hy lyk heel kommieklik totdat jy nader kyk en sien dat daar oral in sy lyf slange en skubberige goeters versteek is. Nou `n goeie voorbeeld van hoe `n medium en konsep mekaar ondersteun-medium ast ware gebruik om die betekenis nog duideliker te maak (by my veral aanklank gevind na my vorige kêrel (`n dokter) se verneukspul. Mense is selde wat hulle blyk om te wees!) Ek is ook dol oor die een van die rook-tekening (gemaak deur papier op strategiese plekke te SKROEI! SY IS ONGELOOFLIK OBSESSIEF!) waar dit lyk of `n hand so deur die "vlamme" uitkom. Wow.
Daarna is ons na `n klein gallerytjie, net so af van die straat naby melville wie se naam ek nou vergeet het. Van Guy Du toit se bronsbeelde daar gesien. Hy is ook besig om sy grense te versit... Sy aap-beeldWerk raak al hoe meer persoonlik en delwend. Tegnies het ek egter meer van sy Rolce royce beeldjies gehou-hulle herinner aan die Three Graces uit die klassieke era. Maar my gunsteling is `n brons gietsel van `n opgeblaasde balon! Mens kannie dink dat brons so ontsettend lig kan voorkom nie. Ek hou van sy hoenders. Die gallery se plafonlose dak is fantasties om in uittestal-sulke houtbalke wat die hele plek volmaak-heerlik as jy werke van die dak af sou wou hang.
DAARNA is ons Godart to, Mnr. Froud se gallery. Interessante fotografie uitstalling.. een waar die kunstenaar self sy papier gemaak het. ek het nou die dag `n resep hiervoor gevind en sal dit graag wil probeer. Maar die beste hier was die intelligente, interessante gesprek met Lerato, die lady of the space, wat die plekkie moet oppas en so al haar gunsteling kunstenaars se uitstal openinge mis. Sy sê sy werk op die oomblik met die film-medium. Ek het haar ervaar as `n baie oop, vriendelike mens. Heerlik gesels.
Die dag is natuurlik afgesluit met ete in melville en sundowners by Trance sky. Net genoeg om rustig oppad huistoe aan die slaap te raak terwyl Audrey en Neels aan die stuur sit en gesels. Elke saterdag hoort so.
Sunday, July 23, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment