Sunday, July 16, 2006

Vreeslik erg

Daar is onlangs 40 mense vermoor met die sekuriteitwagte se stakings in Gauteng. (Dit is meer mense as wat in die eerste dag van die Soweto opstande vermoor is). Hierdie moorde het plaasgevind op diegene wat nie wou staak nie. Verskeie mense was aangesien vir sekuriteit, en vermoor, al was daar geen bewys dat hulle werklik sekuriteitswagte was nie. Ek is siek en sat vir FATCATS wat hoog en droog in hulle kantore sit en munt slaan uit die kleiner outjies se leed. Hoekom word daar nie strenger opgetree teen hierdie unies nie?!? VEERTIG mense is dood!

2 comments:

Louis said...

Dis 'n eye-opener hierdie. Dit verleen nuwe en noodsaaklike perspektief om gebeure van vandag wat ons nog skaars verstaan met gebeure van die verlede te vergelyk wat ons al deels verwerk het.

Wie gaan oor 30 jaar hierdie moorde herdenk? Niemand natuurlik. Is dit omdat die waarde van 'n lewe stilletjies verminder/verdwyn het tussen 1976 en 2006 of is dit maar omdat die moorde nie aan 'n maklik uitkenbare ras-foutlyn toegeskryf kan word nie?

stroibessi said...

Ek dink jy slaan die spyker op die kop, Louis. Die soweto moorde het `n doel gedien in die sin dat dit vir iets gebruik kon word. Ek is bly dat die manier hoe die ou regering die opstande hanteer het, gehelp het om die w♪reld meer krities oor Apartheid te maak, maar ek dink werklik nie dit is aanvaarbaar dat veertig mense sterf sonder `n ophef net omdat die groter prentjie gaan oor geld nie! Daardie mense het met hul lewens betaal vir `n ekstra 2% salaris verhoging!!! Op `n salaris van R 2 000 (wat min sekuriteitswagte verdien) is dit R40! Ek sou veel eerder in die worstelling vir vryheid omkom!
Dalk moet ek sommer oor dertig jaar veertig kersies aan die brand steek. Sommer by die voetstuk van die nuwe Koning Tswane beeld voor Pretoria se stadsaal...