Thursday, November 30, 2006

Ongelooflike boek

Besig om Ayn Rand se Fountain Head te lees, en dit doen iets aan my. Dis vreeslik interessant geskryf- die karakter ontwikkeling vind ongewoon subtiel plaas, en die idees wat sy aanpak is groots. lanklaas so iets teëgekom. iets aan haar "stem" herinner my aan The Secret History. `n Tipe teenwoordigheid/presence... van die skrywer? of die karakters? of iets anders? ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. Geïnspireerd. Die idees wat Howard Roark oor sy werk het, resoneer. Ek is bang om dit klaar te lees, want baie mense sê hulle het dit swak gevind... ek is oor drie-kwart en nogsteeds dol daaroor. Sal voel soos `n verskriklike liefdes-teleursgestelling as dit aan die einde plat val...
Heerlik om uiteindelik tyd te kan vind om fiksie te lees!
Uitstalling is klaar, en ek is amptelik `n gegradueerde! Ha-haa!

2 comments:

Rozanne said...

Ek het verlief geraak op Howard Roark to ek 14 was, en het nog nooit oor hom gekom nie. Ook nie oor argitektuur nie. Die boek het 'n paar hoofstukke in my lewe gestuur. Dankie vir die herinner, dink dis hoog tyd dat ek die boek weer lees! En geniet dit.

stroibessi said...

dankie, ja! Ek stem saam, oor beide die boek en Howard Rourke! ongelooflik. jy moet dit weer lees- daar is baie goed wat mens eers op `n tweede, derde , vierde lees ten volle kan waardeer. Ek is nou klaar met my eerste lopie, en dit het my hoogste verwagtings oortref! Maar ek is so spyt dat dit verby is dat ek nou een van haar ander boeke lees: Anthem. Ek iewers gelees dat sy eers met Fountainhead kon voel dat sy haar styl kan tem, en ek stem met haar saam. Anthem is effe lomp, maar steeds gelaai met geniale idees. Ek hou daarvan!