Friday, December 01, 2006

Ek het maar my profiel foto opgedateer, ek het nie soveel van die raam vir die Norm-foto (mengsel tussen hendrik en my se gesigte) gehou nie. ek moet op `n stadium `n verduideliking van die Norms pos. Ek gebruik beelde van hulle so baie, maar nognie genoeg gedink wat ek werklik met Die Norms doen nie. Ek weet hulle het iets uit te waai met die kollektiewe vs. die indiwidu.

Fountainhead was alles behalwe `n teleurstelling. Absoluut dol daaroor. Sopas klaar gelees, en eintlik hartseer dis verby. Ek lees selde `n boek twee keer nie, maar ek dink ek sal die karakters en idees in die boek genoeg mis om dit later weer te lees. Ek sal die boek by die werk bestel. definitief iets om te koester.

No comments: