Van al my liggeel dae
teken ek hierdie een op;
dat ek later kan weet hoe swerms
duiwe van die dakke waai,
en dat ek, as ek wil,
later kan lees van 'n liggeel
dag en van jou hier langes my.
Ek het hierdie gelees in 'n keur, Die stomme aarde (H&R, 2007), maar dit is oorspronklik uit Vir die bysiende leser (Reijger, 1970). Het dit al baie gelees, maar iets breek nou eers oop. Hoe is dit dat sommige dae, alhoewel vlietend beleef, jou vir 'n leeftyd sal bybly? Die ligste dae weeg soms die swaarste.
Showing posts with label iets in die gedig vat aan my. Show all posts
Showing posts with label iets in die gedig vat aan my. Show all posts
Sunday, December 20, 2009
Wednesday, July 18, 2007
gedig deur daniel hugo vir sy vrou
Paradyskloof (vir Carina)
Daniel Hugo
/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=17834
Daniel Hugo
’n sagte walm omhul die bed
waar ons gisteraand geliefkoos het
soos op ’n planeet met atmosfeer
kan ons simbiotiese hier floreer:
ek spruit en jy gedy – ingebed
in die liefde se geilheid en geur
leer ons asemloos fotosinteer
waar ons gisteraand geliefkoos het
soos op ’n planeet met atmosfeer
kan ons simbiotiese hier floreer:
ek spruit en jy gedy – ingebed
in die liefde se geilheid en geur
leer ons asemloos fotosinteer
/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=17834
Sunday, February 18, 2007
KLEINDORPSE WINTERAAND- Peter Blum
`n Winterdag kan blank-bedrywig loop
binne die grense van `n dorp wat heers
oor `n paar duisend vierkantmyl van oop,
boomlose hoogvlak, as die twee monteurs
aan `n paar handelsreisigers se karre
knoei en hoor wat in die groot stad gebeur,
en kopskud. Dan kan elke ou hom harre-
koejawel hou, `n heelal maak van sy eie
ambaggie. Maar met blouaand sluk die barre
landskap wat syne is; `n sweepdun suide
skuur deur die nek, deure klap orals toe.
In die losieshuis sit nou die nog-vrye
en reeds-vereensaamde byeen en eet:
gesels eers hard, maar verstom as die luide
kerkklok hul messegoed se klik oorstem
en kleep, kleep hees soos `n belboei teen gevaar
met die afsterf van die lig -
kyk betrap elkeen in sy maat se gesig
en weet
dat hulle aangewys is op mekaar.
binne die grense van `n dorp wat heers
oor `n paar duisend vierkantmyl van oop,
boomlose hoogvlak, as die twee monteurs
aan `n paar handelsreisigers se karre
knoei en hoor wat in die groot stad gebeur,
en kopskud. Dan kan elke ou hom harre-
koejawel hou, `n heelal maak van sy eie
ambaggie. Maar met blouaand sluk die barre
landskap wat syne is; `n sweepdun suide
skuur deur die nek, deure klap orals toe.
In die losieshuis sit nou die nog-vrye
en reeds-vereensaamde byeen en eet:
gesels eers hard, maar verstom as die luide
kerkklok hul messegoed se klik oorstem
en kleep, kleep hees soos `n belboei teen gevaar
met die afsterf van die lig -
kyk betrap elkeen in sy maat se gesig
en weet
dat hulle aangewys is op mekaar.
Subscribe to:
Posts (Atom)
