Sunday, August 20, 2006

Nota: wonderlike flieks gesien saam met pa

Toe pa land-in kom kuier het:
Wah Wah en The Good Woman gesien.
Wah Wah was teer-seer, maar die tipe humor wat waak teen sentimentaliteit. Ek het dit baie geniet.
Nicholas Hoult het `n vreeslike teenwoordigheid (presence?) vir so `n jong akteur... Hy gee aan die karakter (Ralph Compton) iets wat ek net kan beskryf as kwesbaarheid. Ek dink ek sal enigiets met hom in gaan kyk. Hy moet netnie begin om sy ooghare te misbruik nie.. hy gaan sukkel soos Keira Knightley met haar pruil-lippies om ernstig opgeneem te word.
Lyk my die fliek is `n fiktiewe verhaling van Richard E. Grant, die regisseur, se kindertyd- hoe hy sy ma se egbreuk en ouers wat skei hanteer het.
Emily Watson is `n groot gunsteling.. Ai, lekker onthou ek punch drunk love.
Ek het al vergeet van Gabriel Byrne, maar hy is werklik fantasties. So `n goeie fliek!

The Good Woman, Deur Mike Barker: Scarlett Johansson en Helen Hunt staan hier uit bo almal. aanpassing van die Oscar Wilde se Toneelstuk. Ek hou so van die manier hoe hulle dit reggekry het om die stadiums van `n verhouding oor te dra. Gemak, absolute verliefdheid, twyfel, jaloesie, teleurstelling. Ag, die liefde... ek dink dis Wilde se toneelstuk wat dit oorspronklik vasgevang het.. "We are all in the gutter, but some of us are looking at the stars" . Sjoe, die man kon darem skryf.
Mrs. Erlynne is so `n interessante karakter! Wens ons het destyds eerder diè toneelstuk as Importance of being Ernest gekies vir matriek Spraak en Drama... (alhoewel, sou ek uberfeeks Lady Bracknell vir enigiets verruil?!). Meg Windermere voel soos `n dierbare, lewenslustige vriendin wat ek al jare ken.

No comments: