Sunday, August 20, 2006

Resonante snare...

Ek en vriendin gesels vroeër hieroor...

Wanneer jy jonk en onseker is, probeer jy `n plek in jou ontdek waar jy gemaklik kan voel.
Dis daardie plek in jouself waarheen jy keer in `n kamer vol vreemdelinge (die tandarts se wagkamer !). Dit voel soos `n noot op `n snaar-instrument wat jou Self, jou wese, resoneer. Regdeur jou lewe het jy tye wanneer jy moet terugkeer om te gaan luister na daardie noot.
Die wonderlike ding is: As jy werk daaraan om met onsekerheid en ongemak te leer handel, groei daardie noot om akkoorde te vorm. Voor jy jou oë uitvee het jy jouself op `n ander toonhoogte leer leef. Dit gaan maar alles op die ou einde oor eerlikheid (wat hoor jy nou eintlik?) en dapperheid (is jy bereid om te groei, of wil jy stagneer?).

No comments: