gedroom my ma is aan die einde van haar menopouse, maar het `n laaste eiersel oor (?!), en dat ons om een of ander rede dit nie kan laat gaan nie. Almal besluit saam (? ek het nooit in die droom `n duidelike idee van wie hierdie almal is nie) dat daar `n proefbuis baba verwek moet word, en dat een van die kinders dit sal dra.
Ek, die enigste meisie, is natuurlik die eerste keuse, maar omdat ek ondergewig is (ek is regtig-mag daarom ook nie bloed skenk nie..), is die tweede natuurlike keuse dat my tweeling broer dit sal dra (...?). Die hele verwagtingstydperk loop heel "gemaklik" soos die droom ontvou: ons help hom om klere te kry wat pas ... gaan tot saam met hom na daardie joga-agtige asemhalingsessies. Teen die tyd wat die bevalling aanbreek (moet my nie vra hoe ons geweet het dat sy water breek nie?!) besef ons dat ons nooit daaraan gedink het dat die baba nêrens het om uit te kom nie! Inderhaas jaag ons na die ginekoloog toe (ek twyfel of mens die dokter dit noem as sy verwagtende pasiënt `n man is), net om uit te vind dat sy praktyk omskep is in `n slaghuis. Ons moet verby die slagpale ry om die dokter in die hande te kry.
Die dokter, heel professioneel, laat boetie lê op `n vlekvrye staal vrieskas/toonbank, kry `n elektriese saag wat lyk soos daardie goed wat gil terwyl dit karkasse opsny (njeeooooowwww), en sny vir boetie oop. (Boetie het verkies om die hele affêre sonder verdowing te doen, en gesels land-en-sant terwyl die opperasietjie afgehandel word).
Intussen het daar `n hele skare voor die slaghuis vergader wat die petalje staan en toekyk. Almal juig toe die kind gebore is, maar iemand gryp die kind aan die enkel en hardloop daarmee weg. Ek word wakker met die angstige gedagte dat ons nie eers kon sien of dit `n meisie of `n seuntjie was nie...
Thursday, October 05, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment