ugghhh! ek weet nie hoe ek ooit hierdie navorsingsding gaan klaarkry nie. Moet môre inhandig- 30 bladsye en ek is amper op bladsy twintig! Gaan so min slaap vanaand...
Wil net die dinge bietjie uitpraat dat ek weet waarheen ek oppad is:
Afrikaners as `n groep wat as gevolg van hul ongelukkige historisiteit slegs oor die nodige kennis besit om daaruit te beweeg as hulle in staat is daartoe om dit behoorlik te ontleed. `n Positiewe historisiteit raak moontlik deur te kyk hoe betekenis manipuleer word in die mite-vormingsproses (semiologie). Roland Barthes, Breyten Breytenbach, Degenaar en van Zyl Slabbert reken dat die "vermurwing" van versteekte ideologië slegs deur die verbeelding kan plaasvind, omdat dit die proses kan ontbloot (wanneer jy mag vra: Wat as?... sonder om deur jou pa agter die kop geklap te word...Boetman en Broeder affêre). Dus kyk ek na die manier hoe ideologië (veral die Apartheids ideologie) deur kuns en taal ontbloot is.
Verder ondersoek ek Jean-Francois Bayart se Illusion of cultural Identity , omdat al die teoretici (die wat nie hondsdol is nie!) wat ek gelees het voorstel dat daar nie een ideale "waarheid" of "modus operandi" vir enige gemeenskap is om te volg nie. Politiek en Kultuur is volgens hom nie dieselfde ding nie, maar beide moet in enige gemeenskap ontleed word indien jy daardie gemeenskap wil (probeer) verstaan. Hy sien beide kultuur en politiek as onafgehandel (verwys in derrida se terme?), en stel aan dit `n proses-karakter voor waar jy nooit jou ideale gemeenskap bereik nie, maar altyd sal aanhou werk soontoe.
Kulturaliste trek grense om hierdie hele proses wanneer hulle wil konstrueer dat kultuur `n konstante, stabiele gegewe is. Uit hierdie oogpunt word o.a. etnisiteit (waaronder ras en taal gewoonlik die oorhand kry) as kenskets vir `n kultuur gebruik. Etnisiteit is egter nie `n gegewe in `n kultuur nie (hoe bepaal jy dan dat iemand wel aan jou kultuur mag behoort? Blou oe, blonde hare? taal? daar is meer bruin mense in SA wat afrikaans praat as wittes. Dit raak werklikwaar weer hare kloof- en dit nogal met POTLODE!)
Kultuur raak dus meer soos Identiteit, as jy daarna kyk uit die oogpunt hoe dit gebruik word: Dis `n "tool"(moontlike afrikaanse vertaling is die uitdrukking: iets " wat jy gebruik om jou kastaaings uit die vuur te krap"! Lekker!).
Elkeen gebruik identiteit om by sy/haar gesprekgenoot aan te pas. Te identifiseer met mense om jou. Tog behou ons altyd `n mate van "`n resonante snaar", dis natuurlik.
So gebruik gemeenskappe (met `n positiewe historisiteit-hierdie term is nogals lomp) kultuur afhangende van hul situasie. maar dit is nie moontlik as die regime jou verhoed om te groei, deur die proses-karakter waardeur hulle waarheid opgestel word, weg te steek nie...
Ware Vryheid beteken dan dat jy weet hoe (en deur wie) die toutjies getrek word?
Ek het reeds semiologiese teorie uitgepluis (of probeer..), en kulture se ervaringswyses ondersoek. Nou moet ek net Bayart klaar bespreek sodat ek al die teorie op die kunswerke kan toepas.
eintlik is die hele affêre heel obvious: Enige semiologiese-sisteem (taal/tekens beeldend/poësie/ens.) wat "eerlik" is, dus toelaat dat jy die versteekte betekenis agter die tekens daarin kan lees, vermurf die mag van `n ideologiese sienswyse.
>sluk< >sluk< >sluk<
Ek haat daai beklemde gevoel om jou ingewande as jy `n werk moet afhandel en jy begin weet... Dis nou of nooit.
Sunday, October 01, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment