Monday, March 19, 2007
momentarily _ Endless
Ongelooflike uitstalling. Jislaaik. Wonder soms of ek soveel daarvan sou hou as sy nie al so baie vir my beteken het nie (Sy's een van daardie vreeslike skaars dosente wat veel meer doen as wat van haar verwag word- die tipe wat jou `n beter mens wil laat wees). Maar ek dink ek sou. Sy werk met polaroids, medium formaat kameras, pinholes, digitale kameras, selfoon kameras... Basies enigiets wat eksperimentering verlang.
My gunsteling werk: Nommer 71. Visitors to the Musee de l'Art Moderne de la Ville de Paris.
Dis `n swart en wit foto assemblage met baie subtiele kleure in Gouache. 20X84 cm (ek is dol oor langwerpige formate). Die raam is hout, met `n sewentiger gevoel daaraan. Die werk is rondom daai tyd gemaak. Sy het twee bewegende figure`n hele aantal kere aangebring, maar so dat mens kan sien die foto is met die hand verwerk. Een van die figure is definitief `n jonger Carla. Sy beweeg na die kamera toe met `n uitbundige uitdrukking op haar gesig. Dit lyk of sy deur `n storm van rowwe kwashale breek. Dit vat vir my haar hele uitstalling en haar as persoon saam: 'n Uitbundige oomblik, wie se ervarings in`n warboel gebeure, denke en emosies geleef word.
Ek sal dit nie aanbeveel nie, sê sy...( die hele toetie? die hele leefstyl?). Jy weet ek gaan nie vir jou luister nie, sê ek. Die kop wat skud en haar laggende "Ek weet!", laat my uiteindelik weer glo vind in wat ek hoop om te doen.
Liewe mens.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment