Breyten Breytenbach bring `n nuwe bundel uit! In Suid Afrika! In my verjaarsdag maand!
Hoe wonderlik?!
Die bundel se naam is Die windvanger. Dit kom in April uit. Deur Tafelberg uitgewers. Dit bevat `n paar gedigte uit sy vorige bundels (ek vermoed dis werke wat die nuwe werke se temas ondersteun), en dan ook `n hele spul nuwe werk, wat strek tot by 2006.
Waarom is dit so wonderlik?
wel, die digter se werk is ongelooflik, eerstens, maar tweedens het hy na 1998 gesĂȘ dat hy nie kan sien dat hy ooit weer in Suid Afrika sal publiseer nie (van sy werk(veral Die Toneelstuk) het baie negatiewe publieke reaksies uitgelok).
Ek, vir een, kannie wag nie!
Thursday, March 08, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment