Snaaks hoe ons nou op die punt staan waar enigiets moontlik is. En dit nie kan hanteer nie.
Ek was vanaand na `n galery opening, en het `n hele spul van my pĂȘlle daar gesien, na omtrent `n maand van geen kontak. My voete het die afgelope paar weke al hoe swaarder geword. Ek konnie verstaan waarom dit so moeilik raak om op te staan in die oggend nie. Ek het soveel werk om te doen, soveel ongelooflik fantastiese dinge en mense in my lewe. Maar as dit kom by wakker word in die oggend, en dit doen, is daar net geen wil oor nie.
Totdat ek vanaand met die spul gesels, en agterkom dat almal op daardie stadium staan. Dis die eertse keer in ons lewens waar daar geen voorskrifte is nie. Wanneer mens op skool of universiteit is, kan mens nie wag vir daardie oomblik wanner dit verby is nie. Maar sodra dit kom besef mens dat dit ook maar verantwoordelikhede van dit se eie het. Veral in ons bedryf, waar alles wat jy uitsit van jouself afhang. daar is ongelooflik baie geleenthede, maar jy moet dit neem.
Ons het besluit om dit `n kwart-tyd krisis te doop. waar die game nognie verloor of gewen is nie. en jy die bal moet vang en moet hol...
Tuesday, March 06, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
en met die swaar voete van 28 ... net 'n knipoog na die kwart-tyd krisis ... daardie drie jare tussen 25 en 28 is ongelooflik belangrik. Hulle le fondamente ... so maklik om die fondamente bo-op mens se voete te gaan le ..
.. so swaar waar. Maar selfs op 28 is die spel nognie verloor nie. Dis nognie eers halftyd nie.. En ek vind hoe vinniger mens hardloop, hoe ligter raak jou voete!
Post a Comment